Select Page

HARLEQUINS 7's: FEES VIR KOSHUISE

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

HARLEQUINS SEWESRUGBY- EN SEWESNETBAL

Harlequins Rugbyklub in Pretoria nooi jou uit om aan ons heel eerste sewessporttoernooi vir Koshuise deel te neem in Pretoria op Vrydag, 6 en Saterdag, 7 Oktober 2017. Mnr. Willem Strauss en Harlequins Sportklub sal die toernooi aanbied.

Koshuisspanne van oor Suid-Afrika heen is uitgenooi en ons beoog om tot en met 16 spanne in beide die rugby- en netbalkategorieë te akkommodeer. Spanne sal op ’n “eerste daar, eerste bevestig”-basis geakkommodeer word. Bevestig asseblief jul deelname teen nie later nie as 1 September 2017. Julle inskrywing kan slegs gewaarborg word sodra geskrewe bevestiging ontvang word.

Die inskrywingsfooi vir die toernooi is R500 per span. Hierdie is terugbetaalbaar met deelname.

ABSA – Tjekrekening
Rekeningnommer: 40 6681 9334
Takkode: 632005
Verwysing: 7 en jou koshuisnaam

Koshuisspanne mag bestaan uit 12 spelers en 2 afrigters vir rugby en 9 spelers en 2 afrigters vir netbal. Die toernooi sal aangebied word saam met ’n fees, wat vermaak op die Vrydag- en Saterdagaande sal insluit. Spanne is welkom om in die feestelikhede te deel ná afloop van die wedstryde.

Spanne kom op die Vrydag bymekaar en die wedstryde begin om 15:00. Ons sal vir julle die finale skedule stuur sodra alle deelnemende spanne bevestig het.

Die rugby- en netbalwenspanne sal elk R20 000 in prysgeld ontvang, en die koshuis met die beste gees sal met R5 000 wegstap.

Dit sal ’n plesier wees om julle by die Harlequins Sportklub te verwelkom en ons hoop julle sal die toernooi kan bywoon. Die toernooi beloof om ’n opwindende fees van rugby, netbal en sosiale aktiwiteite vir koshuise landwyd te wees.

Inskrywingsvorm

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.